Van Barberton na Nieu-Seeland na Australië

Ciska Venter vertel van die uitdagings, aanpassings en vreugdes van emigrasie, en hoe sy steeds haar wortels in die Laeveld koester terwyl sy 'n nuwe lewe aan die ander kant van die wêreld bou.

Van Barberton na Nieu-Seeland na Australië
Ciska en Willem Venter saam met hul dogters Abigail, Tiana en Leah. Foto's verskaf deur Ciska Venter.
I'm just a click away: Email | WhatsApp | Property Profile.
Book tickets for OppiDam Musiekfees
OppiDam Musiekfees2 & 3 October 2026OppiDam resort, Vygeboomdam, Badplaas This fun-filled, family-friendly event promises an unforgettable experience, featuring:• Live music performances• Food stalls• Water sports• Vendor stalls• Networking and advertising opportunities• A relaxed, social festival atmosphere Artists scheduled to perform include:• Nicholis Louw• Narboth Mathole• Freckled Elvis• Dommedaris• Pieter Rischmuller (aka Piet Pompies)• Kris Ray• Coenie Naude• Ivan Roux• Cinema (international 80s band); and more. Entrance: R100 pppdSleep over: 2 people, 2 days, pitch a 2 man tent, for only R650Camping and caravan spots available upon booking at the office: +27 66 327 1068 Vendors and sponsors contact Lyzelle : +27 83 492 0583 . oppidamvendors@gmail.com

Vir baie jong Suid-Afrikaners begin die droom van 'n nuwe lewe in die buiteland met een moeilike besluit. Vir oud-Barbertonner Ciska Venter en haar man, Willem, was dit presies die geval toe hulle op 29 Maart 2016 hul tasse gepak en Suid-Afrika agtergelaat het.

Ciska, neé Van Sittert, is ‘n gebore en getoë Barbertonner wat in 2006 gematrikuleer het aan Hoërskool Barberton. Sy het Sport en Rekreasie gaan studeer aan Potchefstroom Universiteit waar sy haar toekomstige man, Willem ontmoet het. Hy is oorspronklik van Pretoria en het BSc Omgewingswetenskappe studeer. Die twee is in 2013 getroud.

Die besluit om te emigreer was nie maklik nie. Vir Ciska, ‘n enigste kind, was dit baie moeiliker as vir Willem, maar hulle het geweet hulle wil aan hul toekomstige gesin meer geleenthede bied as wat toe in Suid-Afrika moontlik was. Willem se ouers het reeds in Nieu-Seeland gewoon en kon hulle borg, wat die eerste stap na emigrasie moontlik gemaak het.

"Ons het hoofsaaklik gegaan omdat Willem beter werksgeleenthede en 'n beter toekoms vir ons toekomstige kinders wou hê," het sy onlangs aan De Kaap Echo vertel. Hulle het hulle in Whangārei op Nieu-Seeland se Noord-eiland gevestig en die eerste drie maande in 'n karavaanpark gewoon terwyl hulle hul nuwe lewe begin bou het.

Ciska het binne die eerste week werk as sweminstrukteur gekry, terwyl Willem eers drie maande later 'n pos as omgewingsadviseur by Fonterra in Morrinsville kon bekom. Kort daarna het hulle na Morrinsville verhuis, waar Ciska weer maklik werk gevind het, dié keer by Hilton Brown Swimming in Hamilton.

Die volgende sewe jaar was gevul met nuwe geleenthede en baie veranderinge. Hulle het hul eerste huis gekoop, verskeie kere verhuis en albei beroepsgewys gevorder. Dit was ook in Nieu-Seeland waar hul gesin uitgebrei het met die geboorte van hul drie dogters, Tiana (7), Leah (6) en Abigail (4).

V.l.n.r.: Die Venters tydens 'n Footy game (AFL Australian football league) in Melbourne. | Ciska en haar spruite. | Gizmo is ook deel van die familie.

Nadat hulle Nieu-Seelandse burgerskap ontvang het, het die gesin nog 'n groot besluit geneem. Hulle het na Australië verhuis op soek na nóg beter werksgeleenthede en beter lewenskoste. Vandag woon hulle al byna vier jaar in Melbourne. Willem is omgewingsbestuurder by Boral, terwyl Ciska as assistentbestuurder by Paul Sadler Swimland werk.

Hoewel hulle hul voete in twee nuwe lande gevind het, het Ciska gesê emigrasie bly een van die grootste uitdagings wat 'n mens kan aanpak. "Dit was en is nie maklik nie, maar dit is absoluut die moeite werd."

Sy glo die grootste voordeel lê in die geleenthede wat hul kinders geniet. Die onderwysstelsel, universiteite en selfs die moontlikheid vir jongmense om reeds vanaf 14-jarige ouderdom te begin werk en aftreefondse op te bou, skep volgens haar 'n sterk grondslag vir die toekoms.

Daar is egter ook 'n ander kant van emigrasie wat dikwels minder aandag kry. "Dit is veilig en dinge werk net. Maar dit is nie jou mense nie en dit is nie jou kultuur nie." Haar kinders mis baie van die dinge waarmee Suid-Afrikaanse kinders grootword het sy vertel. Dinge soos oumas, oupas, niggies en nefies is ver weg, en die unieke gees rondom skoolsport soos atletiek, hokkie en netbal is moeilik om elders te vind.

"In Australië moet jy vir byna alles betaal en by klubs aansluit. Daardie skoolgees waaraan ons gewoond was, bestaan eenvoudig nie vir ons nie." Hoewel Australiërs hul eie sterk sportkultuur het, veral rondom Australian Rules Football (AFL), bly dit vir hulle iets heel anders as die sporttradisies waarmee hulle in Suid-Afrika grootgeword het.

Hulle probeer gereeld Suid-Afrika besoek, maar dit raak duur vir ‘n familie van vyf om te vlieg. Huidiglik sien hul darem haar ouers elke jaar, een jaar vlieg hul Suid-Afrika toe en die volgende jaar kom kuier haar ouers by hulle.

Sou hulle ooit terugkeer? Ciska glimlag wanneer sy daaroor praat. "As ek nie kinders gehad het nie, sou ek waarskynlik ja gesê het, maar vandag is ek gelukkig waar ons is. Dit is beter vir ons kinders en beide Nieu-Seeland en Australië was nog net goed vir ons. Ek mis egter steeds Barberton se berge en ons mooi dorpie.”

Daar is tog groot verskille tussen haar tuisland en wat sy nou haar tuiste noem. “Alles werk hier, ek gooi my eie petrol in, skandeer my eie inkopies en betaal daarvoor. Hier is mini biblioteke wat lyk soos ‘n klein boekrakkie waar jy net boeke kan vat en ruil met dit wat jy nie meer will hê nie. Hier is honesty boxes, stalletjies langs die pad, wat vrugte, groente, heuning en nog ander items verkoop. Jy neem wat jy wil hê en gooi jou geld in ‘n boksie. Waar in Suid-Afrika kan jy dit doen?”

Die grootste pluspunt vir die Venters is dat hulle veilig voel. Kinders loop en ry fiets skool toe. Dis nie dat daar nie misdaad is nie, maar dis op ‘n baie kleiner skaal as in Suid-Afrika. Hulle geniet ook die buitelewe, kamp, vang vis en stap.

Byna tien jaar nadat hulle Barberton verlaat het, kyk Ciska met dankbaarheid terug op die moeilike besluit wat haar lewe verander het. Sy erken dat emigrasie opoffering verg en dat 'n mens altyd 'n deel van jou hart in Suid-Afrika agterlaat. Tog glo sy die geleenthede wat haar gesin ontvang het, het elke uitdaging die moeite werd gemaak.

Haar raad vir ander jong mense wat dit oorweeg om te emigreer: “Doen dit! Al is dit net om burgerskap te kry. Dit maak deure vir jou oop. Jy kan altyd huistoe gaan as dit nie uitwerk nie, maar as jy nie ‘n kans vat nie sal jy nooit weet of dit die regte besluit sou wees of nie.


Wind farms are changing the work of bird conservationists
The work of conservationists now helps decide not only what should be protected, but where and how energy infrastructure should be built.
The kind of weekend where doing less is the whole point
Wolwekrans Eco-Self Catering Lodge offers a remote off-grid escape in the Schoemanskloof mountains, where the weekend can be as quiet, active or uneventful as you want it to be.
How to save for vet bills before an emergency
An unexpected vet visit can place financial pressure on you at the same time your pet needs urgent attention. A dedicated medical fund gives you more choice when care cannot wait.
10 ways to survive the holiday trip home with young children
Keep the peace on the long journey home with these ten survival tips for travelling with young children.