Nicholis Louw sal nooit sommer net ān naam wees nie, maar sal in SA musiekgeskiedenis vir ewig opgeteken wees as ān ikoon van Afrikaanse rock. Boek vandag nog jou kaartjies om hom in lewende lywe te sien op 3 Oktober om 17:30 by OppiDam.

(šš¦š¦š® š¬š¦šÆšÆšŖš“, š“š¶š£š³š¦š„š¢š¬šµš¦š¶š³š“: š®š°š¦šÆšŖš¦ š©šŖš¦š³ šš¦š¦š“ šÆšŖš¦, šøš¢šÆšµ š«š°š¶ š±š¦šÆ š“š¢š š°š±š„š³š°š°šØ!)
Kyk, ek kan hierdie artikel een van ān paar kante toe skryf, maar dis nou die Laeveld, en die opkomende gebeurtenis is in die Laeveld, so dis presies waar ek die ankers gaan lig, uit Nelspruit se gisters, daar waar ek was tydens daai jare toe Nicholis Louw die SA pop-rock scene behoorlik laat bewe het in die 2000s.
Hoekom sal ek nou iets skryf wat soos ān montone PR-stuk klink, wanneer dit my eie persoonlike geskrywery en onthou is? Veral wanneer ek weet daarās ān hele klomp ander daar buite wie se onthou skouers skuur met myne, want as jy daar was⦠dan wƩƩt jy.
Die jaar was 2003 en ek was 33 en by die koerant in Nelspruit. Stables (a.k.a. St Ables), soos baie in die Laeveld weet, was diĆ© plek om te wees oor naweke, en vir my, en my vriendin-en-kollega Lodia, was dit nie anders nie. Of dit nou Mandoza se 2000 treffer Nkalakatha was, of Dozi se Maybe my baby, of ons tienertyd se 80s songs, ons kon move en jive in daai Stalle hoor! En toe, toe bars alle note uit hul nate met Ek wil my baby hĆŖ vanaand van ān nuwe gesig in Afrikaanse pop-rock. Sy naam was Nicholis Louw, en in my huis was sy musiek gespeel sonder-end.
Daai ānuwe gesigā sou natuurlik nie lank nuut bly nie. Sedert sy deurbraak in die vroeĆ« 2000ās het Nicholis homself gevestig as een van Afrikaans se grootste gunstelinge, met meer as twee dekades in die bedryf, meer as 650 000 albumverkope en ān hele string Goue, Platinum en Dubbel Platinum albums, asook SAMA-, Huisgenoot Tempo- en Ghoema-toekennings.
In 2006, met die koms van sy DVD Rock daai Lyfie, kon ek nie vinnig genoeg by Riverside Mall uitkom vir die koop hiervan nie - en as ek reg onthou was Ghapi ook deel van die lekkerte. Hoeveel beter kan dinge dan nou raak op 'n musiek-DVD? Vandag, op 56, het ek steeds daai DVD, so deurgespeel dat ek dit nie sal waag om dit in 'n CD-ROM in te druk nie, maar die nostalgie is groot wanneer ek dit elke dan-en-wan sien in een van die kratte in die motorhuis. Ek gooi dit nie weg nie, want al was daar by die 18 jaar laas ān televisie of DVD-speler in my huis, move en jive ek steeds vir ān wen en ān plek, en sal seker forevermore, want, Ons sal (en wil mos) jonk bly!

In klubs en rave-plekke en op verhoĆ«, was dit die jare waar Nicholis Louw se stem oorgevat het. Dit was ān aardigheid om te aanskou, want almal en almal se maat het behoorlik uitgehaal en gewys wanneer die eerste noot val op ān oor - van die Laeveld tot in Agtertang in die Karoo. Die gegil was die ergste - en ek en Lodia was voorgillers van die eerste water - ons bekkies het geklap soes nat wasgoed saam met elke woord.
Die naam Nicholis Louw sou nooit weer sommer net ān naam wees nie, maar sou in SA musiekgeskiedenis vir ewig opgeteken word as ān ikoon. Treffers soos Rock daai Lyfie, Generaal, Net die een vir my (Maia Hee), Coco Pops en Kaas, Ek wil my baby hĆŖ vanaand en Welkom by my party het oor die jare deel geword van die Afrikaanse musiekkultuur, en is vandag nog net so bekend.
Wat mense gou sou agterkom is dat Nicholis se repertoire, wat basies in Afrikaans is, nie net pop-rock insluit nie, maar dat sy veelsydigheid wye arms staan rondom alles van country en ballades, en dat dit dikwels sterk klassieke elemente inkorporeer. Min sangers kan boonop Purple Rain van die nimlike Prince deeglik sing, of die koning van rock, Elvis, se musiek laat lewe, maar selfs hierdie supertreffers dra Nicholis Louw só goed oor dat dit mens se binnekant laat huil van mooi - en dit sĆŖ alles van die man se stem, en van wat hy met ān song kan doen.
Later, met die koms van die supergroep 4Werke hier in 2011 rond, wat bestaan het uit Nicholis Louw, Ray Dylan, Elizma Theron en MoniQue, was almal weer op horings, en die lekkerte het net nie end gekry nie. Die groep het selfs hul eie goue albums opgelewer met liedjies soos Kyk diep in my oƫ en Roete na jou hart wat oral gespeel het.
In 2006 het ek die geleentheid gekry om ān onderhoud met hom te voer vir Time Out Teen Magazine. Dit was dubbelblad centrespread, en natuurlik was hy ook op die voorblad daardie maand. Ek het die hele proses terdeĆ« geniet, want dis nie elke dag dat mens so ān sexy, besige ou kon vaskeer vir gesels nie.
Nicholis verras vandag steeds aanhangers met nuwe, vars musiek, met vrystellings soos Radio, Oents Oents Oents, Ons sal jonk bly en die meer emosionele Die Pad, wat ān ander kant van hom wys, maar steeds daai selfde energie dra wat gehore al vir jare ken.
Met sy aansteeklike verhoogpersoonlikheid wat almal laat voel hulle is deel van die partytjie, is Nicholis Louw nie net ān kunstenaar nie maar ān feesgunsteling regoor Suid-Afrika, en vir die Laevelders is daar nou die geleentheid om hierdie ikoon van Afrikaanse pop-rock self te sien wanneer hy op 3 Oktober om 17:30 op die verhoog klim by die OppiDam Musiekfees 2026.

Dus, as jy ooit in Stables gerock het, en sy musiek gevoel het onder jou voete, (of sommer net tuis so op jou eis), en as jy ooit uitbundig saam geskree het "Ek wil my baby hĆŖ vanaand!!!", dan weet jy klaar waar jy moet wees hierdie Oktober!
Bespreek nou jou verblyf en maak dit ān naweek om te onthou by OppiDam!
š WhatsApp: 066 327 1068
ā Email: bookings@oppidam.co.za
š Website: https://www.oppidam.co.za/







Comments ()