Bekostigbare maniere om jou huis te beveilig hierdie vakansie

Huise wat leeg staan, donker erwe en swak sekuriteit bly sagte teikens vir opportunistiese inbrekers.

Met die Julie-skoolvakansie vinnig op hande, maak talle gesinne in die De Kaapvallei gereed vir wegbreke, familiekuiers en wintervakansies. Maar terwyl inwoners uitsien na rus en ontspanning, waarsku veiligheidskenners dat vakansietye dikwels ook ’n geleentheid vir misdadigers skep.

Huise wat leeg staan, donker erwe en swak sekuriteit bly sagte teikens vir opportunistiese inbrekers. Gelukkig hoef inwoners nie noodwendig duisende rande aan duur alarmstelsels en elektriese heinings te bestee om hul eiendom beter te beveilig nie. Eenvoudige, bekostigbare veiligheidsmaatreëls kan reeds ’n groot verskil maak.

In landelike en semi-landelike gebiede soos Barberton, Emjindini, Low’s Creek en omliggende plase werk praktiese huisveiligheid dikwels beter as ingewikkelde tegnologie.

Een van die oudste, maar steeds doeltreffende maniere om ’n erf veiliger te maak, is deur natuurlike versperrings te gebruik. Digte doringheinings of plante soos kei-appel, naboom of ander stekelrige struike kan help om toegangspunte moeiliker bereikbaar te maak. Dit dien nie net as afskrikmiddel nie, maar maak dit ook moeiliker vir indringers om ongemerk oor heinings te beweeg.

Changing your routine in a small town can add to your safety
In small towns like Barberton, our daily habits are easy to spot and that’s exactly what criminals count on.

Nog ’n eenvoudige oplossing is behoorlike buitebeligting. Sonkragligte het die afgelope paar jaar al hoe meer gewild geword en bied ’n goedkoop manier om donker hoeke rondom ’n huis te verlig, veral gedurende beurtkrag. Die meeste van hierdie ligte is boonop bewegingsensorligte wat indringers vinnig in die kollig kan plaas.

Volgens veiligheidskenners bly swak slotte steeds een van die grootste probleme by huishoudings. Ou of goedkoop slotte op veiligheidshekke en buitedeure kan maklik oopgebreek word. Die versterking van deurkosyne, die installering van langer skroewe by slotplate en die gebruik van stewiger slotte is relatief goedkoop verbeterings wat baie kan help.

Hoë heinings en goeie beligting kan 'n afskrikmiddel wees. Photo: Robert So.

Vensters verdien ook aandag. Eenvoudige veiligheidsstawe, ekstra grendels of selfs stewige houtstokke in skuifvensters kan voorkom dat vensters maklik oopgedwing word.

Nog ’n fout wat baie mense maak, is om hul afwesigheid sigbaar te maak. Oorvol posbusse, gras wat lank raak en donker huise verklap vinnig dat niemand tuis is nie. Buurtwagte en bure speel daarom steeds ’n belangrike rol in plaaslike veiligheid. Om ’n buurman te vra om gereeld by die huis te gaan kyk, pos te verwyder of selfs soms ’n lig aan te skakel, kan reeds help om die indruk te skep dat die huis bewoon word.

Avoid the holiday habits that criminals count on
Holiday mode can lead to lapses in judgement. A few simple habits can help travellers avoid becoming easy targets.

Sosiale media kan ongelukkig ook ’n risiko wees. Veiligheidsmaatskappye waarsku gereeld dat mense nie hul vakansieplanne of ligging op Facebook of WhatsApp-statusse moet deel nie. Foto’s van lughawevertrekke of boodskappe oor “’n week weg” kan onbedoeld vir misdadigers aandui dat ’n huis leeg staan.

Vir inwoners van die De Kaapvallei bly gemeenskapsamewerking egter een van die sterkste vorme van veiligheid. In kleiner dorpe en woonbuurte waar mense mekaar ken, maak oplettende bure en aktiewe buurtgroepe dikwels ’n groot verskil.

Kenners meen die belangrikste beginsel van huisveiligheid is om ’n huis minder aantreklik en moeiliker toeganklik vir misdadigers te maak. Selfs klein veranderinge soos bo kan die verskil beteken tussen ’n veilige vakansie en ’n inbraak.

Met die wintervakansie om die draai word inwoners aangemoedig om reeds nou al eenvoudige voorsorgmaatreëls te tref voordat hulle hul tasse pak.

Send us a WhatsApp and find out how.
The ecology of a farm dam
A well-balanced farm dam ecosystem often supports far more life than most people realise.
📽️ Ten things to keep in your car in the Lowveld
Your car, in many ways, becomes more than just a means of transport. It becomes a small, mobile safety net. Keeping a few essential items on hand can make all the difference when the unexpected happens.
How to use WhatsApp Web calling safely
WhatsApp Web calling is landing in more browsers, which is great, until you remember how many scams start with “quick, scan this QR” or “read me the code”.